Waar kan ek betrokke raak?
Skakel die kerkkantoor of ‘n leraar as jy voel die Here roep jou om betrokke te raak.
- EIENDOMME EN FASILITEITE: Instandhouding van die geboue en terrein en beplanning vir nuwe fasiliteite
- DIENSWERKERS: Hanteer die kollekte op Sondae tydens die eredienste en bedien nagmaal.
- BEGRAFNIS EN GASVRYHEID: Voorsien versnaperinge by begrafnisse en ander funksies wanneer nodig.
- BEJAARDEBESOEKE: Kuier en bemoedig bejaarde mense in die gemeente.
- GOUE GERWE ( BEJAARDES SOSIAAL): Behulpsaam met die reël van ontspanningsgeleenthede en uitstappies vir bejaardes.
- TEESKINK: Skink tee na die oggend- en aanderedienste.
- SIMBOLIEK: Help die leraars met die versiering en verskillende ander vorme van simboliek in die kerk en tydens die eredienste.
- TEGNOLOGIE (KERK EN SAAL): Help met die instandhouding van die rekenaars, projektors, klank, ens. in die kerk en in die saal tydens eredienste.
- MUSIEK: Deel van die sanggroep en begeleidingspan tydens eredienste in die kerk en die saal.
- GEBED: Doen voorbidding vir die gemeente, gemeenskap e.a.
- PROJEKTE:(BASAAR/GHOLFDAG/MELODRAMA) Raak betrokke by die jaarlikse genotvolle fondsinsamelings
- KLEREBANK: Ontvang tweedehandse klere wat van die gemeente ontvang word en versprei dit onder behoeftige mense.
- SIEKEVERSORGING: Ondersteun siek mense in diie hospitaal en tuis deur oproepe en besoeke.
- MENSE IN NOOD: Ondersteun mense wat pastorale sorg en/of materiële of fisiese nood het.
- KLEUTERS: Help met die geestelike versorging van kleuters tydens die oggenddienste.
- KINDERS: Help met die geestelike versorging van kinders tydens die oggenddienste. Help ook met reël van kampe.
- TIENERS: (CRIB) Help met die geestelike versorging van tieners (13 – 18). Help ook met Tienerkampe.
- MANNE: Reël en beplan verskillende aktiwiteite wat mans geestelik laat groei en hulle rol en plek in die gemeente, huwelik en gesin laat verstaan en uitleef.
- VROUE: Reël en beplan verskillende aktiwiteite wat vroue geestelike laat groei en hulle rol en plek in die gemeente, huwelik en gesin laat verstaan en uitleef.
- KLEINGROEPLEIERSTOERUSTING: Behulpsaam met die toerusting van kleinroepleiers in die gemeente.
- SENTRUM VIR VOORTGESETTE TEOLOGIESE OPLEIDING: Skakel met ds. Arthur wat evangeliste in die gemeente oplei..
- SENDING: Raak betrokke by uitreikgeleenthede.
- FINANSIËLE BEPLANNING EN KONTROLE: Deel van die groep wat die begrotings van die verskillende aktiwiteite koördineer sodat die gemeente se geld op ‘n verantwoordelike wyse aangewend word.
- NUWE LIDMATE: Is behulpsaam met die verwelkoming en inskakeling van nuwe lidmate by die gemeente.
- PERSONEELAANGELEENTHEDE (DIENSVERHOUDINGE): Betrokke by alle sake met betrekking tot die personeel van die gemeente.
- KOMMUNIKASIE: Betrokke by ‘n span wat verantwoordelik is vir die kommunikasie met die gemeente en die gemeenskap.