Gebed

Om te bid, is om jouself te ontmagtig. Jou hele bestaan oor te gee. Om jou hele lewe te plaas in die mag van die groot “ Ek is”.

Matteus 21:22: “As julle glo, sal julle alles ontvang wat julle in gebed vra.”

Ons is daarvan oortuig dat daar iemand in die gemeente is wat die Here roep om as gebedskoördineerder op te tree. Die persoon sal gebedsgroepe (tye) en sake wanneer gebid word in die gemeente koördineer. Word stil by die Here en hoor of dit jy is. Kontak ds. Willem vir navrae.

Sondag

Alle lidmate word genooi om voor die diens  elke Sondag om 8:30  saam te kom bid in Kamer 9
(Punt van die westelike gang).
Dit is ‘n stilwordgeleentheid om vir die gemeente te bid vir herlewing. Ons bid ook spesifiek vir die erediens.

 

Tuisgebed

Word deel van ‘n groep wat elke dag in hulle persoonlike stiltetyd luister na wat die Here vir die gemeente sê. Deel dan die gedagtes of wat jy hoor met die WhatsApp-groep, sodat hulle saam met jou bid en jy saam met hulle. Stuur jou besonderhede vir ds. Pieter (082 561 8500) of Derick (082 928 9541) om deel te word van die groep .

Bidkamer (beskikbaar elke dag van die week)

Kom raak stil in ons gebedskamer. Kamer 8 is oop tydens kantoorure. Jy is welkom om enige tyd van die dag in ons gebedskamer te kom stil word.

Sluit aan by een van die groepe! Die tyd om te bid is nou!