Bybellees
Kom lees saam met ons Bybel op ‘n insiggewende manier.
Is jy tussen 18 en 30? (of voel jy nog so jonk?)
Maandagaande om 18:30 - 19:30 in die Boonste Raadsaal.
Verryk jou lewe!
Kontak Prop. Nadine Bronkhorst vir meer inligting.

Selgroepe
Kontak ds. Pieter Jordaan indien jy by 'n selgroep wil aansluit of 'n nuwe sel wil begin.
Selleiers-opleiding vind gereeld plaas. Kontak ds. Pieter Jordaan as jy wil inskakel.

Logos
‘n Geleentheid om saam met mede geloofsreisigers te worstel oor geloofsvrae.
Ons soek die antwoorde in die Woord en saam leer ons God beter ken.
Kuier saam met Prop. Nadine Bronkhorst elke Woensdag vanaf 18h30 tot 20h00.
Kontak Prop. Nadine Bronkhorst vir meer inligting.

Bybelstudie saam Pieter
Bybelstudie is vir Bergsig `n primêre bedieningswerktuig waarmee ons lidmate wil toerus om die Woord van die Here op `n sinvolle en verantwoordelike wyse te bestudeer.
Elke Woensdagoggend (tydens skoolkwartale) tussen 09:30 en 10:30 is daar ‘n Bybelstudiegroep wat deur ds. Pieter Jordaan gelei word.

Bybelstudie saam Hennie
Bybelstudie is vir Bergsig `n primêre bedieningswerktuig waarmee ons lidmate wil toerus om die Woord van die Here op `n sinvolle en verantwoordelike wyse te bestudeer.
Elke Woensdagoggend (tydens skoolkwartale) tussen 09:30 en 10:30 is daar ‘n Bybelstudiegroep wat deur Hennie Coetzer gelei word.

Vars Manna
Vars Manna is Hennie se Bybelstudie groep,`n primêre bedieningswerktuig waarmee ons lidmate wil toerus om die Woord van die Here op `n sinvolle en verantwoordelike wyse te bestudeer.
Elke Woensdagaand (tydens skoolkwartale) om 18:30 is daar ‘n Bybelstudiegroep wat deur Hennie Coetzer gelei word.
