Vrouens

Gebed

Abba Vader, dit is ‘n skoon bladsy wat hier is. Hoe om dit kleurvol en tot U eer in te vul, weet ons nog nie, want die plan is vir ons nog so vaag.
Wys ons wie en wat ons elkeen in U plan is. Help vorm ons om die spesiale bestandeel te wees om ‘n model kleipot te vorm in U hand.
Die bloudruk is nie vir my duidelik nie, maar ek ken die God van die bloudruk.
Heer, laat vroue in ons gemeente se lig, saam die wêreld verlig as ‘n ligtoring in hierdie donker wêreld tot U verheerliking.

Laat ons mekaar sien soos U ons sien, om sodoende die diamant in elke vrou te ontdek, sodat al haar reënboog kleure die hemel verlig.
Die dag wat ons voor U staan, wil ons weet ons het ons medegelowige verhoog en ondersteun om ook menswaardig en liefdevol te lewe.

Leer ons deur die Gees om nederig, bereidwillig, entoesiasties, eerbiedig en betroubaar te wees.
Hier is ons voor U om gebruik te word.
Mag God ons toerus met alles wat goed is sodat hierdie bladsy gevul word en aanneemlik is vir U.
Laat ons die wêreld van U goedheid vertel, sodat elkeen dit kan deel.
Daarom vra ons U seën op elke vrou in ons gemeente.
Saam met U kan ons alles vermag.
Alle eer kom U toe.
Amen