Doelbewus na ander
Die derde vlak van ons geloof is om Doelbewus na ander uit te reik. Ons groot opdrag in die Bybel is “gaan dan na al die nasies”. As jy in Dieper in jou verhouding met God en ander gelowiges gegroei het, is dit onmoontlik om nie ook die wonder van God in ons lewens nie met ander te wil deel nie. Vanuit my verhouding met God en opbou, aanmoediging en aansporing van ander gelowiges, kan ons eenvoudig nie anders as daarom met ander te deel nie. Doelbewus beteken egter dat ons nie net die wêreld instorm nie. Ons gaan baie Doelbewus onder God se leiding en krag hierdie oes benader.